Friday, February 9, 2018

Tahini (sesame saad botter)

Tahini (sesame saad botter)

2 k sesame saad (gewoon of uitgedop)
1/4 k slaai olie (nie olyfolie nie)

Rooster die saad vir 3-4 minute in 'n droƫ pan oor matige hitte, tot die saadjies blink word.
Die saadjies moenie bruin raak nie, maar net wil-wil verkleur.
Skep die saad in 'n voedselverwerker en skakel dit aan.
Gooi die olie in 'n dun straaltjie by tot in gladde, loperig pasta gevorm word.
En dis dit.
Dit bly lank goed in die yskas.

Bron: Kos as dit knyp, Emilia le Roux

Tahini - picture borrowed

Tahini - sesame saad botter

No comments:

Post a Comment