Monday, October 2, 2017

Lekkerste Koffiekoek



































Anel Bezuidenhout se resep.
Olie pleks van botter is die geheim. Anel vertel “Dié koffiekoek-resep kom van my oorlede skoonma, Rietjie Bezuidenhout, af.
Sy was nou vir jou ’n vrou wat kon bak, hoor! Sy het altyd gesê die geheim van ’n lekker klam sjokoladekoek is om die botter met olie  te vervang, en hierdie resep doen juis dit.” 

Koek
    280 g (500 ml) koekmeel
    70 g (180 ml) kakao
    7 ml bakpoeier
    10 ml koeksoda
    knippie sout
    400 g (500 ml) suiker
    2 eiers
    250 ml melk
    125 ml kookolie
    5 ml vanieljegeursel
    250 ml sterk koffie

Versiersel
    80 g (90 ml) sagte botter
    70 g (180 ml) kakao
    260 g (500 ml) versiersuiker
    60 ml sterk koffie

Verhit oond tot 180 °C.
Voer twee 20 cm-koekpanne met bakpapier uit en spuit goed met kleefwerende kossproei.
Sif meel, kakao, bakpoeier, koeksoda en sout saam in ’n groot mengbak.





















Voeg suiker by en roer deur met ’n houtlepel.



 Klits eiers, melk, olie en vanieljegeursel in aparte mengbak.
Voeg by droë bestanddele.
Gooi koffie by.
Klits goed vir 2 minute tot romerige, gladde mengsel


Verdeel mengsel tussen die twee panne en plaas op middelste oondrak.
Bak vir 35 – 40 minute of tot ’n toetspen skoon uitkom.
Laat in pan afkoel en keer uit.





Versier só
Plaas bestanddele vir versiersel in elektriese menger se bak en klits op hoë spoed tot gladde mengsel.
Sny bokant van koeke met ’n riffelmes gelyk.
Skep versiersel in spuitsak met 1 cm-tuit.
Plaas eerste koek gesnyde kant na bo op koekbord.
Spuit helfte van versiersel op die koek en smeer gelyk.
Plaas tweede koek bo-op  gesnyde kant na onder.
Spuit res van versiersel boop en smeer gelyk.
Bêre in lugdigte houer.

Bron en fotos: http://www.netwerk24.com/Sarie/Kos

Lekkerste Koffie - Save the picture dan het jy die resep byderhand vir gebruik



No comments:

Post a Comment