Tuesday, October 3, 2017

Klamste sjokolade koffie koek ooit - Foodlovers recipe

KLAMSTE SJOKOLADE KOFFIEKOEK OOIT








Klamste sjokolade koffiekoek ooit - Save the picture, dan het jy die resep byderhand



Bestanddele
1 ¾ kop meel
2 koppies wit suiker
¾ koppie kakaopoeier
1 ½ teelepel koeksoda
¾ teelepel sout
2 groot eiers
1 koppie karringmelk (of plaasvervanger deur om 1 eetlepel wit asyn in ‘n koppie te gooi en dan te vul met melk, laat staan 5 minute tot verdik)
½ koppie botter, gesmelt
1 eetlepel vanieljegeursel
1 koppie vars gebroude warm koffie (of 2 teelepel kitskoffie in 1 koppie kookwater)

Metode
Verhit die oond tot 180 grade. Smeer en meel of spray en cook twee 9-duim bak panne (of lyn met bakpapier sirkels)
In die groot bak, meng meel, suiker, kakao, koeksoda en sout.
Voeg die eiers, karringmelk, botter en vanieljegeursel by en klits tot glad (ongeveer 3 minute). (gebruik ‘n klitser vir beste resultate)
Roer in warm koffie met ‘n rubber spatel. Beslag sal baie loperig lees.
Gooi die beslag eweredig tussen die twee panne en bak op middelste rak van die oond vir sowat 35 minute of totdat tandestokkie in die middel
skoon uitkom met net ‘n paar koekkrummels wat vassit.
Laat 15 minute staan om af te koel in panne.
Plaas ‘n draadrakkie bo-oor elke pan.
Gooi koeke uit. Laat koek heeltemal afkoel voor versier

Let wel:
Om hierdie resep te gebruik vir kolwyntjies, (12)
Verhit die oond tot 200 C i.p.v 180 C
Verdeel beslag eweredig onder koppies en bak 20-25 minute


















Versiersel
80 ml kakao
125-180 ml yskoue ingedampte melk óf room
250 ml gesifte versiersuiker
5 ml vanieljegeursel
3 ml kitskoffiepoeier, opgelos in 15 ml kookwater
Laat koek afkoel.
Klits al die bestanddele vir die versiersel goed saam.
Laat staan vir ‘n paar minute en skep oor die koek

Bron: Tessa
3de Foto:  Erna Van der Merwe




















Adam Cloete
Ek het die cupcake weergawe van die Klamste Sjokolade Koffiekoek probeer  en dit het absoluut heerlik gekom.
20 Minute in my gasoond
klamste koek se muffins Adamklam lekkerste sjok koek christine 1

 











FOTO BO: Petré Van Jaarsveld
Heerlike versiersel of die stoof wat ek weereens so n bietjie verander het… 2 maal aangemaak..
2 teelepels koffie met n bietjie water aangemaak, en saam met die meelmengsel gekook.. dit laat koud word…
Botter geklop tot romerig…. Die meelmengsel bygevoeg…
Goed geklop tot dit soos room was…
1 blikkie All Gold Caramel Topping en 2 teelepels droë koffie poeier bygevoeg en goed geklits….
Heerlik..

Bron en foto:  http://www.foodloversrecipes.com/2015/03/klamste-sjokolade-koffiekoek-ooit/
Posted on March 6, 2015 by amandaconradie Posted in Koeke / Cakes 

No comments:

Post a Comment