Monday, July 17, 2017

Tannie Lili se sjiffon vla koek



Tannie Lili se sjiffon vla koek


Ek voel geëerd dat tannie Lili my vertrou het met hierdie wenner resep van haar, graag deel ek hierdie dekadente Sjiffon vlakoek met julle.

Dit is raadsaam om die vla ‘n dag voor die tyd te maak sodat dit goed koud is voordat dit gebruik word.
Plaas ‘n klontjie botter op die warm vla en smeer oor die bokant en sit dan ‘n stukkie kleefplastiek stewig vas op die vla om ‘n velletjie te voorkom.

RESEP
KOEK
120 g koekmeel
40 g mielieblom
5 ml vlapoeier
5 ml bakpoeier
1 ml sout
5 eiers - geskei
210 g strooisuiker
100 ml yswater

METODE
1. Voorverhit oond tot 180 ˚ C.

2. Smeer 2 x ringkoek panne met 20 cm deursnit.

3. Sif koekmeel, mielieblom, vlapoeier, bakpoeier en sout saam.

4. Klits eiergele en suiker saam tot romerig.

5. Klits yswater geleidelik by.

6. Vou droë bestanddele met ‘n slaplem mes in eiermengsel in.

7. Klits eierwitte tot styf en vou ook in.

8. Gooi die beslag in die 2 panne en bak 20 - 25 min in die middel van die oond.

9. Keer uit op n draadrak en laat afkoel.



VLAVULSEL
500 ml melk
75 ml vlapoeier
1 ml sout
250 ml strooisuiker
125 g sagte botter
5 ml vanielje geursel
Tennis beskuitjie krummels vir bo oor strooi of klapper of sjokolade vlokkies




METODE
1. Verhit 400 ml van die melk en los vlapoeier in die oorblywende 100 ml op, voeg sout by.

2. Roer vlamengsel vinnig in warm melk en met ‘n ballon klitser, roer aanhoudend en kook tot dik is.

3. Sodra die vla verkoel is tot yskoud, klop botter en suiker tot lig en donsig.

4. Roer geursel by die bottermengsel en klits koue vla dan geleidelik by.

5. Verdeel elke koeklaag in 2 sodat jy nou 4 lae het.
Smeer nou die vla dik tussen die lae rondom en bo op. 
Laat toe dat die vla sommerso langs die kante aftraan as jy so daarvan hou. 
Smeer dit mooi gelyk bo op met 'n warm slaplemmes. 
Bestrooi met krummels, klapper of sjokolade vlokkies.



BRON:
Tannie Lili Dreyer, 2015.



No comments:

Post a Comment