Monday, May 22, 2017

5 min sjokolade poeding


5-Minute-sjokoladepoeding

Genoeg vir 2 mense
Bereiding: 5 minute
Gaarmaaktyd: 3 minute
POEDING
60 ml (4 e) koekmeel
60 ml (4 e) suiker
30 ml (2 e) kakao
knippie sout
1 eier, geklits
45 ml (3 e) melk
45 ml (3 e) olie
45 ml (3 e) sjokoladesplinters
1 ml (¼ t) vanieljegeursel
OPDIENING
Roomys
Kakao om bo-oor te sprinkel
  1. POEDING Neem 2 teekoppies met ’n inhoudsmaat van 250 ml. Skep die helfte van al die droĆ« bestanddele in elkeen van die koppies en meng goed met ’n lepel. Voeg die helfte van die eier by elk en meng goed.
  2. Voeg die helfte van die melk en olie by elk en meng goed.
  3. Voeg die sjokoladesplinters en vanieljegeursel by en meng goed.
  4. Plaas die twee koppies saam in die mikrogolfoond en mikrogolf 3 minute teen 100 persent krag.
  5. OPDIENING Maak liggies om die kante los en keer op 2 bordjies om. Plaas ’n skeppie roomys bo-op elkeen en sif ’n
  6. bietjie kakao oor.
Resep en foto met vergunning van Huisgenoot.com





No comments:

Post a Comment