Friday, December 2, 2016

Murgpampoen-pannekoek gevul met romerige hoender * Banting LCHF



Murgpampoen-pannekoek gevul met romerige hoender 
Banting LCHF
(bedien 6 persone)

Bestanddele vir pannekoek:
100 g murgpampoentjies
2 eiers
20 ml gerasperde parmesankaas
2 koppies koekmeel
650 ml melk
‘n knippie sout
olyfolie vir smeer van pan 

Bestanddele vir hoendervulsel:
6 hoenderfillette (sonder been of vel)
250 g gekerfde sampioene
150 ml droƫ witwyn
600 ml vars room
sout en varsgemaalde swartpeper
olyfolie vir panbraai
Metode vir pannekoek:
Sny punte van murgpampoentjies af, maar moenie skil nie. Rasper die murpampoentjies grof. Meng meel, parmesan en sout en voeg eers ‘n bietjie melk by en roer tot mengsel glad en sonder klonte is. Voeg orige melk geleidelik by. Klits die eiers goed en voeg dit en die gerasperde murgpampoentjies by die beslag. Giet ‘n bietjie van die mengsel in ‘n warm, gesmeerde pannekoekpan en bak aan albei kante tot ligbruin. Maak 12 pannekoeke.
Metode vir hoendervulsel:
Sny die hoenderfillette in repies en braai saam met sampioene tot goudbruin en gaar in olyfolie. Geur na smaak. Roer witwyn en room onderskeidelik by. Skep een skeppie hoendervulsel versigtig in middel van warm pannekoek, vou netjies toe en plaas onderste-bo op bord.
Opdiening:
Garneer met orige sous, blokkies feta, son gedroogde tamaties en kruieblare