Tuesday, April 21, 2015

ontbyt pizza

 

Ontbyt pizza
Spek
Sampioene
Ontbyt wors
12 Eiers
Kaas
Braai die spek, sampioene en ontbyt wors in ‘n “Teflon”- pan van ongeveer 43 cm in deursnee. As alles gaar is maar dit gelyk in die pan. Gooi nou die 12 geklitste eiers eweredig in die pan. Maak gaar oor lae hitte. Wanneer die eiers amper gaar is, strooi gerasperde kaas bo-oor en los tot die kaas gesmelt is. Sny in pizza skywe en bedien.
(By hierdie pizza kan byna enigiets bygevoeg word na smaak)